Galásiërs 5:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

14. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

15. Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.

Galásiërs 5