1. TOE antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die Here het nie aan jou verskyn nie?
2. Daarop vra die Here vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ’n Staf.
3. En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ’n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.