9. Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was dit.
10. En hulle het daarin vier rye stene ingevul: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.
11. En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en ’n jaspis.
12. En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
13. En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.