Exodus 34:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval

9. en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ’n erfdeel.

10. Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ’n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die Here kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.

11. Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.

12. Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ’n strik by jou word nie.

Exodus 34