Exodus 33:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die Here het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.

6. Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.

7. En Moses het elke keer ’n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die Here wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

Exodus 33