Exodus 26:34-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.

35. En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.

36. Jy moet ook vir die ingang van die tent ’n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.

37. En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.

Exodus 26