9. Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;
10. as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
11. En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
12. Hy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.
13. Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou ’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.
14. Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.
15. En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
16. En hy wat ’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.
17. En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
18. En as manne twis en die een die ander slaan met ’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word —
19. as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.
20. En as iemand sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.
21. Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
22. En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.
23. Maar is daar ’n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,