33. Moses sê toe vir Aäron: Neem ’n kruik en gooi ’n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die Here neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
34. Soos die Here Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
35. En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ’n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.
36. En ’n gomer is die tiende van ’n efa.