22. En op die sesde dag het hulle ’n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.
23. Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die Here gespreek het: Môre is dit rusdag, ’n heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
24. En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.
25. Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die Here. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
26. Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.
27. En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
28. Toe sê die Here vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?
29. Kyk, omdat die Here julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
30. So het die volk dan op die sewende dag gerus.
31. En die huis van Israel het dit Man genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.
32. Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die Here beveel het: ’n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.