Exodus 15:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.

5. Die watervloede het hulle oordek. Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.

6. o Here, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o Here, verpletter die vyand.

7. En in u grote hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ’n stoppel.

8. En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.

9. Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.

10. U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

11. o Here, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

12. U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.

Exodus 15