22. DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
23. En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.
24. Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?
25. En hy het die Here aangeroep, en die Here het hom ’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ’n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef