2. Sê tog voor die ore van die volk dat elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.
3. En die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
4. Toe sê Moses: So het die Here gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;
5. dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.
6. En daar sal ’n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.