1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2. Mensekind, rig jou aangesig teen die berge van Israel, en profeteer teen hulle
3. en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here Here! So sê die Here Here vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring ’n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig;
4. en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode;
5. en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi.
6. In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes ’n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word.