Eségiël 5:16-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.

17. Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal ’n swaard oor jou bring. Ek, die Here, het dit gespreek.

Eségiël 5