Eségiël 36:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. daarom, so sê die Here Here: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het — in volle vreugde van die hart, met diepste veragting — sodat die weiveld daarvan ’n buit sou wees.

6. Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here Here: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het.

7. Daarom, so sê die Here Here, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is — hulle sal hul smaad dra.

8. Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby.

9. Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word.

Eségiël 36