8. Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof.
9. Jou voorhoof maak Ek hard soos ’n diamant, harder as ’n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ’n wederstrewige huis is.
10. Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, neem al my woorde wat Ek vir jou sal sê, in jou hart op, en hoor hulle met jou ore;
11. en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here Here — of hulle al luister of nie.
12. Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van ’n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die Here uit sy woonplek!