6. nie na baie volke wat duister van spraak en swaar van tong is nie, wie se woorde jy nie kan verstaan nie; as Ek jou tog na hulle gestuur het, het húlle na jou geluister!
7. Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het ’n harde voorhoof en ’n ongevoelige hart.
8. Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof.
9. Jou voorhoof maak Ek hard soos ’n diamant, harder as ’n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ’n wederstrewige huis is.
10. Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, neem al my woorde wat Ek vir jou sal sê, in jou hart op, en hoor hulle met jou ore;
11. en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here Here — of hulle al luister of nie.
12. Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van ’n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die Here uit sy woonplek!
13. En ek het gehoor die geluid van die wesens se vlerke wat die een aan die ander verbind was, en die geluid van die wiele gelyktydig daarmee en die geluid van ’n groot gedreun.