Eségiël 22:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.

11. Die een het ’n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ’n skandelike daad, en ’n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.

12. Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here Here.

13. Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.

Eségiël 22