4. En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here Here!
5. Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is ’n wederstrewige huis — hulle sal moet erken dat daar ’n profeet in hulle midde gewees het.
6. En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.
7. Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.
8. Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
9. Toe kyk ek, en daar was ’n hand na my toe uitgesteek, en daarin ’n boekrol!
10. En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.