Eségiël 2:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.

2. En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.

3. Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.

4. En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here Here!

5. Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is ’n wederstrewige huis — hulle sal moet erken dat daar ’n profeet in hulle midde gewees het.

6. En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is ’n wederstrewige huis.

7. Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

Eségiël 2