1. EN die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die Here wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf-en-twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsánja, die seun van Assur, en Pelátja, die seun van Benája, vorste van die volk.
2. Toe sê Hy vir my: Mensekind, dit is die manne wat ongeregtigheid bedink en slegte raad gee in hierdie stad,
3. wat sê: Nie so gou kom die tyd om huise te bou nie: hierdie stad is die pot, en ons die vleis.
4. Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!
5. Toe val die Gees van die Here op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die Here: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék.