Eségiël 1:15-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.

16. Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van ’n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel was.

17. Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.

18. En hulle vellings — dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.

19. En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.

20. Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.

Eségiël 1