Deuteronómium 33:22-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. En van Dan het hy gesê: Dan is ’n jong leeu wat uit Basan uitspring.

23. En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die Here — neem jy see en suidland in besit!

24. En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

25. Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

Deuteronómium 33