Deuteronómium 31:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.

12. Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die Here julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.

13. En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om die Here julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.

14. EN die Here het vir Moses gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua, en gaan julle in die tent van samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moses en Josua gegaan en in die tent van samekoms gaan staan.

15. En die Here het in die tent in ’n wolkkolom verskyn terwyl die wolkkolom by die ingang van die tent bly staan het.

Deuteronómium 31