5. dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring — die man of die vrou — en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
6. Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.
7. Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.