Deuteronómium 14:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Jy mag niks eet wat ’n gruwel is nie.

4. Dit is die diere wat julle mag eet: ’n bees, ’n skaap en ’n bok;

5. ’n takbok en ’n gemsbok en ’n gestippelde takbok en ’n steenbok en ’n ribbok en ’n eland en ’n klipspringer;

6. en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere — dié mag julle eet.

7. Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle;

8. ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.

Deuteronómium 14