Deuteronómium 11:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAAROM moet jy die Here jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.

2. En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die Here julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm

3. en sy tekens en sy dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land;

Deuteronómium 11