1. EN daarna het dít gebeur. Absalom, die seun van Dawid, het naamlik ’n mooi suster gehad met die naam van Tamar, en Amnon, die seun van Dawid, was verlief op haar.
2. En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek was oor sy suster Tamar; want sy was ’n jongmeisie, en dit was in Amnon se oë onmoontlik om haar iets aan te doen.
3. Maar Amnon het ’n vriend gehad, met die naam van Jónadab, ’n seun van Dawid se broer Símea; en Jónadab was ’n baie skrander man.