2 Kronieke 22:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die Here gesalf het om die huis van Agab uit te roei.

8. En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, die dienaars van Ahásia, aangetref en hulle gedood.

9. Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die Here met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.

10. TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

2 Kronieke 22