2 Korinthiërs 3:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

15. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart;

16. maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

17. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

18. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

2 Korinthiërs 3