2 Korinthiërs 3:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BEGIN ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?

2. Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;

3. omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.

2 Korinthiërs 3