2 Konings 11:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

2. Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

3. En hy was saam met haar in die huis van die Here verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

4. Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die Here laat kom en met hulle ’n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die Here, en vir hulle die koning se seun gewys.

2 Konings 11