2 Konings 1:8-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En hulle antwoord hom: ’n Man met ’n harige mantel en omgord met ’n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!

9. En hy het ’n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!

10. Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ’n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.

11. En hy het weer ’n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!

12. Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek ’n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.

13. En hy het weer ’n owerste van ’n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë!

14. Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!

2 Konings 1