6. AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het.
7. Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
8. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.