4. dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
5. nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
6. dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ’n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
7. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
8. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
9. Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;
10. en julle doen dit ook aan al die broeders in die hele Macedónië; maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees
11. en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,
12. sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
13. MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.