1 Samuel 6:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die ark van die Here sewe maande lank in die land van die Filistyne was,

2. het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die Here doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.

3. En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle ’n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.

1 Samuel 6