1. EN die Filistyne het hulle hele leër by Afek versamel, terwyl Israel laer opgeslaan het by die fontein wat by Jísreël is.
2. Toe die vorste van die Filistyne by honderde en by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam verbytrek,
3. vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van Israel, wat nou al dae of al jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy oorgeloop het, tot vandag toe.