1 Samuel 2:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is ’n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

4. Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.

5. Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.

6. Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.

7. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.

8. Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ’n erestoel te laat beërwe. Want aan die Here behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9. Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.

1 Samuel 2