1 Samuel 10:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En die Gees van die Here sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word.

7. En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.

8. En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.

9. En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.

10. Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ’n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.

11. En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?

1 Samuel 10