1 Petrus 5:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat ’n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook ’n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

2. Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3. ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

4. En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

1 Petrus 5