1. EN die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.
2. En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.
3. En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse: