19. en Jakim en Sigri en Sabdi
20. en Eliënai en Sílletai en Éliël
21. en Adája en Berája en Simrat, die seuns van Símeï;
22. en Jispan en Eber en Éliël
23. en Abdon en Sigri en Hanan
24. en Hanánja en Elam en Antotía
25. en Jifdéja en Pnuel, die seuns van Sasak;
26. en Sámserai en Sehárja en Atálja
27. en Jaärésja en Elía en Sigri, die seuns van Jeróham.
28. Hulle was hoofde van families, volgens hulle afstamming, hoofde; hulle het in Jerusalem gewoon.
29. En in Gíbeon het die vader van Gíbeon gewoon, en die naam van sy vrou was Máäga.
30. En sy eersgebore seun was Abdon, verder Sur en Kis en Baäl en Nadab