1 Kronieke 6:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

2. En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ússiël.

3. En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

4. En Eleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;

5. en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;

6. en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;

7. en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;

8. en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs;

1 Kronieke 6