11. Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
12. Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
13. Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
14. Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
15. Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
16. EN oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;
17. oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;
18. oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;