10. En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
11. Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
12. Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die Here.
13. En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.
14. En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat ’n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;
15. op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;
16. op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.
17. Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.
18. By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.
19. Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.
20. EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:
21. die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;
22. die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die Here.