1. WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf.
2. En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,
3. Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.
4. Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,
5. Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.
6. Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.