6. Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die Here, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
7. En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die Here, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig.
8. En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
9. En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
10. die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
11. die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
12. die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
13. die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
14. die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
15. die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;