1 Kronieke 25:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ússiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.

5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die Here, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.

7. En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die Here, almal meesters, was tweehonderd-agt-en-tagtig.

8. En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.

1 Kronieke 25