3. Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.
4. EN daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïete verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.
5. En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.
6. En daar was weer oorlog by Gat, en daar was ’n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier-en-twintig; en hy was ook ’n afstammeling van die Refaïete.
7. En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.