14. van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,
15. van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.
16. En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Ásahel, drie.
17. En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
18. En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.
19. Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.
20. En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.
21. Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
22. En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die land Gílead gehad.
23. En Gesur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.
24. En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.